Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 09 FEBRUARIE 2014

Goeie môre, U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat aangekondig moet word dat die sleutel van Lourens van Niekerk, ZS6AKB, 'n lid van die Oos-Rand Klub, op 22 Januarie na 'n hartaanval stil geraak. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

(POUSE)

In vandag se SARL-nuus:

DIE VOLGENDE INTEGNET GAAN DIE TEMA “DIE JEUG IN AMATEURRADIO VERKEN

JEUG-NAELLOOP OP 15 FEBRUARIE

NUWE BRITSE TELEVISIEPROGRAM GEBASEER OP AMATEURRADIO AANGEKONDIG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

DIE VOLGENDE INTEGNET GAAN DIE TEMA “DIE JEUG IN AMATEURRADIO VERKEN

Die volgende INTEGNET sal plaasvind op Dinsdag 11 Februarie om 19:30 as deel van die SARL-jeugweek. Radioamateurs word genooi om deel te neem aan 'n debat oor wat hulle dink gedoen moet word om meer jongmense na die stokperdjie te lok. Ons het gehoop dat 'n aantal jong amateurs by die net sou aansluit, maar tot op hede het nie een na vore gekom nie. Dit is dalk selfs meer rede om die kwessie oor hoe om meer jong mense by amateurradio te betrek en hoe hulle betrokke te hou, te debatter.

Die INTEGNET sal plaasvind op herhalers in Kaapstad, Port Elizabeth en Pretoria, asook op Echolink. As jy 'n jong amateur is, gee jou naam op om as ‘n lid van die paneel gekies te word.
Om jou herhaler aan die netwerk te koppel, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za voor 18:00 vandag nog (Sondag 9 Februarie).

JEUGNAELLOOP OP 15 FEBRUARIE

Die jeugnaelloop is 'n prettige aktiwiteit om die jeug te vier en om kontak tussen jong amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Roep "CQ Jeugdag" op Saterdag 15 Februarie 2014 vanaf 10:00 tot 12-00 plaaslike tyd. Die uitruildata is 'n RS-verslag en die operateur se ouderdom. Dit is 'n foonnaelloop op die 40 meter-band (7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz).

Logstate en opsommingsblaaie moet binne 7 dae na die wedstryd ingedien word en moet aan youthsprint@sarl.org.za gestuur word. Die sluitingsdatum vir voorlegging is 22 Februarie 2014. Die ouderdom van die operateur moet op die opsommingsblad getoon word. Al die logs wat ontvang word sal deel vorm van 'n trekking vir ‘n gratis studentlidmaatskap van die SARL en baie ander pryse. Luister volgende week na SARLNUUS vir meer besonderhede. Besoek www.hamradio.org.zavir meer besonderhede.

Wat doen jy en jou klub om jong mense te fasiliteer?

NUWE BRITSE TELEVISIEPROGRAM GEBASEER OP AMATEURRADIO AANGEKONDIG

Drie Verenigde Koninkrykse amateurs sal later hierdie maand met hulle eie nuwe amateurradio gebaseerde video-podcast op Internet-televisie begin. Norm Seeley, KI7UP, van ‘Amateur Radio News Line’ sę dat die nuwe program ‘The TX Factor’ sal heet. Die gashere is Bob McCreadie, G0FGX, Mike Marsh, G1IAR, en Nick Bennett, 2E0FGQ. Almal is professionele uitsaaipersoneel wat beplan om alle aspekte van amateurradio as fassinerende stokperdjie te verken namate die program van maand tot maand vorder.
As voorbeeld, een episode sal later hierdie maand die Verenigde Koninkryk se Marconisentrum besoek. Dit sal ook tyd saam met die Norman Lockyer sterrewaggroep deurbring om te leer hoe herhalers funksioneer en ook 'n besoek aan 'n bergtop bring om die projek “Summits on the Air” te bespreek. Die episode van 2 Maart sal 'n besoek bring aan die węreldberoemde Bath Buildathon en 'n nabye blik op die FUNcube Dongle oordra.

Kyk langs die pad uit vir programme wat handel oor onderwerpe soos die geskiedenis van amateurradio, die toerusting beskikbaar vir radio-amateurs, antennas, bedryfsmodusse, golfvoortplanting, radiosport, die jongste nuus en net omtrent enigiets wat verband hou met die magiese węreld van amateurradio.

Die aflaaibare videopodcaststroom behoort versoenbaar te wees met die meeste slimfone, tablette en slim-TV's sowel as met die tradisionele skootrekenaars en PC's. Die TX faktor word geborg deur die Yaesu Musen Company van Japan en die radiohandelaar Martin Lynch & Sons Ltd van die Verenigde Koninkryk. Dit sal op 21 Februarie begin met gratis uitsendings, wat afgelaai kan word vanaf www.txfactor.co.uk.

REGISTREER EKSAMENSENTRUMS VIR DIE RAE

Alle geaffilieerde klubs wat graag 'n RAE-eksamensentrum wil bestuur moet asb voor 21 Februarie herregistreer vir 2014, selfs al is u nie seker van enige kandidate vir die komende eksamen nie.

Die SARL is tans besig om oor te skakel van 'n handgedrewe na 'n aanlynregistrasie stelsel, daarom benodig ons al die mees onlangse inligting van die eksamensentrums. Die beplande datum vir implementering is Maart 2014. Die nuwe stelsel beloof om 'n groot verbetering van die huidige handstelsel te wees. Die registrasieprosedure sal aan alle klubs en hooftoesighouers meegedeel word sodat hulle die kandidate behulpsaam kan wees met registrasie. Ons bedank graag elkeen vir hul volgehoue ondersteuning.

Om u eksamensentrum te registreer moet u na die SARL-webbladsy gaan, kies "licensing / Radio Amateur's Examination" en volg die skakel na "Exam Centre Registration" aan die linkerkant.

AMATEURRADIOPIONIER JOHN S. STREETER FO-A4Z (A1A, ZS1W)

Ons moderne radioamateurs het baie om voor dankbaar te wees vir die amateurradiopioniers in ons land wat, ten spyte van baie struikelblokke in hulle pad, geëksperimenteer en volgehou het en die fondamentstene vir amateurradio hier in ons land gelę het.

Een merkwaardige naam in die geskiedenis van radio in Suid-Afrika is John Samuel Streeter wat in 1909 in radio begin belangstel het, maar, weens 'n ongunstige brief van die toentertydse posmeester-generaal, besluit het dat dit die beste sal wees om 'n lae profiel te handhaaf. Dit was na węreldoorlog 1, in 1919, dat 'n nuwe begin gemaak is met kristalstelle en vonksenders.

Die eerste radiolampe, soos die tipe M-OR, het in die vroeë 1920’s in gebruik gekom en het eksperimente met AM-telefonie op lang- en mediumgolwe moontlik gemaak. John Streeter het die roepsein A4Z gebruik en was die eerste opspraak en hy het ook die eerste musiekuitsendings uit Kaapstad vir die publiek gedoen wat met kristalstelle daarna geluister het. John Streeter het in daardie tyd Mnr. Radio geword en hy het ook gereeld die hooflyne in die plaaslike koerante gehaal. Hy het ook die internasionale nuushooflyne gehaal toe hy die eerste ‘draadlose’ kontak op 20 meter tussen Suid-Afrika en die VSA bewerkstellig het. Die Radio Informer, 'n Kanadese publikasie, het in sy uitgawe van Desember 1925 geskryf: "South African radio amateur talks with the US for the first time".

Tussen hakies, ons eerste radioamateur en pionier was W E Dixon Bennett, FO-A3V (ZS4F, ZS4W,ZS5EG) wat sy cohererontvanger en vonksender in 1903 voltooi het en die eerste gelisensieerde radioamateur in 1904 geword het terwyl hy in Pretoria gebly het, dus 110 jaar gelede. Dixon Bennett het nog 'n jaar moes wag voordat hy sy eerste vonkkontak met 'n nuwe amateur genaamd Ensor in Pretoria gemaak het.al bogenoemde gebeurtenisse het plaasgevind lank voor die ontdekking van voortplantingsmodusse op BHF. U kan meer lees in "The Dawn of Amateur Radio in South Africa" in die forum "Radio Amateurs and Events of bygone days" op die SARL algemene forums.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak aktief gaan wees. Sonvlek AR1968 het 'n "beta-delta-gamma" magneetveld wat genoeg energie huisves vir X-klas sonfakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 120.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar behoort ook 'n paar 6 m openinge vroegaand te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
11 February – Integnet oor jongmense in amateurradio om 19:30 SAT.
15 Februarie – Jeugnaelloop op die lug, 10:00-12:00 SAT.
21 Februarie – Laaste dag vir registrasie van radioamateur eksamensentrums.
22 Februarie – logstate vir die jeugnaelloop moet in wees na youthsprint@sarl.org.za.
28 Februarie - Sluitingsdatum vir Jeug Opstelkompetisie
15 Maart - Laaste dag vir instuur van voorstelle vir voorleggings vir die 2014 SA AMSAT Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za

Die 2014 SARL Dagboek van Gebeure sal in die komende week op www.sarl.org.za. beskikbaar wees vir aflaai. Kry 'n afskrif en hou dit handig in jou radiokamer.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings na Afrikaans deur Fritz, ZS6FS, en samestelling en redigering deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX

======================= Boodskap Eindig =======================

Om u e-pos-inskrywing in hierdie poslys te verwyder of te redigeer gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003